Die Positiewe en Negatiewe Aspekte van Sosiale Media

Sosiale media het sedert sy skepping ons sosiale interaksies begin verander. Maar is dit vir ons beter or erger? Mense is meer verbind as wat hulle ooit was, maar is dit ten koste van werklike, menslike interaksies?

Een van die voordele van sosiale media is dat dit baie maklik is om met iemand wat ver weg is te praat. Ons kan met ‘n vriend of familielid praat wat aan die ander kant van die wêreld is. Dit was onmoontlik voor die uitvinding van die internet en sosiale media. Ons kan ook onsself maklik oor baie dinge opvoed. Dit beteken dat mense wat nie toegang tot ‘n goeie opvoeding het nie, hulself kan onderrig. Dit ook groot besighede help, want hulle kan nou na meer kliënte adverteer.

Sosiale media vervang werklike interaksies met virtuele interaksies en, dit beteken dat mense nie van aangesig tot aangesig praat nie. Dit lei tot swak verhoudings. Die moontlikheid dat jy iets sê wat jy later oor sal spyt wees is hoog vir tieners. As jy iets op die internet sit is dit vir ewig daar. Dit kan in die toekoms jou kans om werk te kry benadeel.

Die grootste negatiewe aspek met sosiale media is kuberafknouery. Kuberafknouery is die ergste vorm van afknoery, want jy kan nie van die boelie ontsnap nie. As jy hom op sosiale media blokkeer, dan maak hy ‘n ander rekening oop en hou aan om jou af te knou. Byna die helfte van adolesente sal geboelie word en kuberafknouery is die rede daarvir.

Ten slotte, is sosiale media ‘n baie nuttige hulpmiddel wat jou lewe makliker of erger kan maak. Ons moet net versigtig wees hoe ons dit gebruik.

Comments

Popular Posts