Waterval in die Cederberg

Ek stap vir ure in die swaar son se lig. Die water in my waterbottel raak minder soos die tyd verbygaan. My mond is kurkdroog en ek voel baie dors. Niemand in my groep is in 'n beter situasie nie. Ek is moeg en my bene skree dat ek moet stop, maar ek stap aan. Ek kyk rond na die land om my:

Droë bosse sit soos 'n stoppelbaard op die berge - hierdie land het geen reën in weke gehad nie. 'n Ou sedertree steek uit die berg wat ek moet uit klim; dis die enigste plantegroei wat hoër as ek is. Die klippe is warm met sonskyn.

As ek by die bo-punt kom, hoor ek die geluid van 'n waterval. Dis die enigste geluid wat ek gehoor het - al die diere en insekte is so moeg soos ek. Ek kom  deur 'n hoek en sien dit. Flip, dis pragtig! Dit is klein, nie meer as twee of drie meter hoog, maar dis vir ure die enigste water wat ek gesien het. Ek dink almal in my groep voel dieselfde.

Ons trek ons stapklere uit en staan onder die yskoue water. Ek hoor 'n roep - iemand het 'n twee-liter Coke onder een van die klippe langs die waterval gevind; en dis vol! Ons hou 'n klein partytjie onder die waterval en drink yskou Coke en praat en lag...

Maar, 'n uur later, is dit die tyd om aan te gaan. Ons moet voor sonondergaan by 'n spesifieke grot arriveer. Ons maak on s waterbottels vol met die lekker, skoon water van die waterval en gaan weer op pad. Die geluid van die lopende water raak dowwer soos ons verder stap...

Comments

Popular Posts