Hanswors

"Hans! Slaap jy?"

Hans kyk na die rugbybal wat nou een meter voor sy gesig is. Dit tref hom hard. Hy val op die vloer en kyk as een van die opposisie die bal vat en weg hardloop. Hys kops die bal oor die pale en die wedstryd is klaar; 41-40.

"Hans, jy's a flippin hanswors, man!"
"Hans, wat doen jy, dis 'n rugbyveld! Dis nie jou slaapkamer nie!"

Hanse se spanmaats stap af. Hy het vir hulle die grootste wedstryd van die jaar verloor en hulle is nie gelukkig nie. Hans se afrigter si langs hom en se: "Ek dink dit sal beter wees as jy nie meer rugby speel nie."
Hans is baie hartseer.

Wanneer Hans sy huis toe stap, kry hy 'n SMS van sy meisie. Dit sê: "Hans, ek dink dat dit beter sal wees as ons opbreek. Moenie vir my SMS'e stuur nie." Hans se hart breek. Hy voel asof daar niks in hierdie wêreld oor is wat hy kan vashou nie. Alles wat onlangs gebeur het is te groot.

Hy het alsy Junie eksamens gedruip, sy ouers het ;n geskei kry, hy het die wedstryd verloor en nou haat almal hom...

Hy dink as hy by sy huis kom: "Hoe kan ek hierdie dag ooit vergeet?" Hy stap in sy badkamer en sien die bottel pille in die badkamerkas. Hy weet hoe hy hierdie dag kan vergeet, hoe hy alles kan vergeet. Hy maak die bottel oop en sluk al die pille wat binne-in is. Hy gaan lê op sy bed en wag.

'n Uur later voel sy maag asof dit selfmoord pleeg. Alles is seer en Hans se mond raak vol met sy eie bloed. As hy sy oë toemaak, hoor hy die geluid van 'n deur en sy ma se stem: "Hans, kom my help asseblief!" dan 'n pouse en:

"Hans! Slaap jy nog?"

Comments

Popular Posts